Video: Só weet jy hoe die wind waai

Hierdie keer het Adam Tas se span vir Pietman Geldenhuys, ook beter bekend as Pietman die Skot, op die jongste avontuur van ‘Byt en buskruit’ saamgenooi. (Foto:’n Skermskoot uit die video.)

In die jongste episode van Byt en buskruit gaan jag Adam Tas en sy span in die skone Namibië sowat 230 km noordoos van Windhoek.

Hierdie keer het die span vir Rob Edeling en Pietman Geldenhuys, ook beter bekend as Pietman die Skot, op die avontuur saamgenooi. Tas maak ook sy heel moeilikste, en beslis die langste jagskoot nog, op dié program.

Vir hierdie skoot om suksesvol te wees moes Tas presies geweet het in watter rigting die wind waai. Hy deel in die video hieronder sy wenk om die wind te toets as jy vir daardie kolskoot aanlê.

  • Moenie hierdie episode van Byt en buskruit misloop nie. Elke episode word weekliks op Dapper Media bekendgestel waar dit heeltemal gratis aanlyn gestroom kan word. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn Dapper Media-rekening. Kliek hier om gratis op Dapper Media te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanR ·

Ouens…..roep tog vir Cyril Ramaphosa nader, sodat hy ook kan sien hoe die wind waai…..

leser ·

die as in die wind is net by jou waar die patroon amper sy hoogste spoed het, wind gaan geen effek by die eindpunt van die loop he nie
doer ver nader aan die teiken sal daar meer na die wind gekyk moet word, dis daar wat die wind saak maak

Gerrit van Wyk ·

@leser Uhmmm hier gaan dit oor die wind dat die bokke jou nie moet ruik nie lmga

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.