Video: Waar daar voëls is

Adam Tas is die aanbieder van “Byt en buskruit”. (Skermgreep uit die video)

In dié week se episode van Byt en buskruit neem Adam Tas en sy span vir Wynand en Chereé Strydom na die lieflike eiland Mauritius.

Hulle besoek Port Louis, die hoofstad van Mauritius, se oudste vismark, en sportvisvang is ook op die program in hierdie episode. Dan wys Wynand hoe hy kan toor met ʼn resep uit die Langebaan-resepteboek.

Moenie hierdie episode van Byt en buskruit misloop nie. Elke episode word weekliks op Dapper Media bekendgestel waar dit heeltemal gratis aanlyn gestroom kan word. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn Dapper Media-rekening. Kliek hier om gratis op Dapper Media te registreer.

As ʼn lusmaker vir die jongste episode het Tas nog ʼn wenk vir hoe om seker te maak jy trek die grootste vis uit die water.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.