Video: Warm jou teleskoop op

‘n Skermskoot uit die jongste episode van ‘Byt en buskruit’.

So 80 km van Adam Tas se huis, in die hartjie van die Bosveld, is daar ʼn beeldskone plaas met die naam van Buisdorings waar die wild los rondloop.

Tas het sy goeie vriend Bakkies Botha na dié plaas genooi om saam met hom te kom jag in die jongste episode van Byt en buskruit.

Hulle het saam gejag vir Helpende Hand se #HelpJag-projek wat help om 8 000 behoeftige kleuters van ʼn gebalanseerde maaltyd te voorsien.

Soos gewoonlik het Tas ook ʼn handige wenk vir die jagters wat wintersoggende trotseer om die pot vol vleis te hou. Hy verduidelik hoekom dit belangrik is om jou teleskoop warm te maak in die video hier onder.

Moenie hierdie episode van Byt en buskruit misloop nie. Elke episode word weekliks op Dapper Media bekendgestel waar dit heeltemal gratis aanlyn gestroom kan word. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn Dapper Media-rekening. Klik hier om gratis op Dapper Media te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.