Spog met egte Maroela-vellies – die ideale Kersgeskenk!

Maroela-vellies in Die Koöperasie

Daar is mos maar min dinge wat kan kers vashou by ʼn paar egte boerevellies. Of jy nou optof vir ʼn troue, jou beste voetjie voorsit vir jou nuwe nooi se familie of jou gemaklikste kakiebroek aantrek vir kleiduifskiet by die kerk se basaar – ʼn goeie paar vellies laat jou nooit in die steek nie.

Vrouevellies is ook niks vreemds meer nie, en menige bruid kies deesdae vellies by haar trourok sodat sy haar eerder oor haar rammetjie-uitnek-swaer as oor haar seer voete hoef te bekommer.

Maak dit nou boonop ʼn paar egte Maroela-vellies en jy kan maar weet jy sal ʼn spoor trap wat al jou vriende jou sal beny.

In samewerking met Beatus Leerprodukte en Bata, een van Suid-Afrika te mees gesogte skoenvervaardigers, verkoop Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, nou ʼn regte-egte leervellie van net die beste gehalte. Elke skoen word subtiel gebrandmerk met Maroela se boom-embleem sodat jy diep Afrikaanse spore kan trap oral waar jy gaan.

Dis boonop ook die ideale Kersgeskenk – bestel vellies vir jou geliefde dus sommer nou reeds!

Maroela se vellies word slegs op bestelling vervaardig. Dit neem dus ʼn bietjie langer as om ʼn massavervaardigde bastervellie by jou naaste skoenwinkel te gaan uitsoek, maar ons almal weet mos goeie dinge is soos biltong maak – mens moenie haastig raak nie.

Koop nou vir jou een egte Maroela-regtervellie teen slegs R699 in Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, en kry die linkervellie verniet.  

Bestellings word elke Vrydag verwerk, en daarna neem dit ongeveer 15 werksdae vir vervaardiging en aflewering.

Hang solank ʼn paar biltonge in die skuur terwyl jy wag, en dan tel jy die slapies af. As jy die pakkie oopmaak en daai leerreuk kry, gaan jy in jou skik wees met jouself.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.