16 Julie 2011

Toe hy oud genoeg was, het sy hom na die dogter van die farao toe gebring, wat hom as haar eie seun aangeneem het. Sy het hom Moses genoem, “want,” het sy gesê, “ek het hom mos uit die water gehaal.” Eksodus 2:10
Moses moes eintlik as seuntjie doodgemaak gewees het, maar God het groter planne vir hom. Uit die biesiemandjie en uit die rivier haal die farao se dogter hom uit en noem hom “Uitgehaal” – Moses beteken uitgehaal. God maak hierdie Moses later een van die grootste leiers van alle tye wat sy volk sou “uithaal” uit Egipte! Agter die skerms is God alweer in beheer! Sien jy dit ook in jou lewe? (Lees Eks 1-2)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.