Toe sê Moses vir God: “Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?” God het Moses geantwoord: “Ek sal by jou wees en die bewys dat Ek jou gestuur het, sal dít wees: wanneer jy die volk uit Egipte bevry het, sal julle My by hierdie berg aanbid.” Eksodus 3:11-12
“Ek stuur jou…wie is ék…Ek sal by jou wees.” God kies baiekeer mense, wie die wêreld nie sou kies nie, om vir Hom iets groots te doen. Moses ‘n tagtigjarige pensioenaris en hakkelaar maak eers beswaar: wie is ék? So dink ons ook baiekeer te min van onsself. Wie is ék? Onthou, jy is wonderbaar deur God geskape. God se “Ek sal by jou wees” is ook jou toerusting om vandag groot dinge vir Hom te doen. (Lees Eks 3:1-4:17)