“Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.”
Die Heilige Gees woon in God se kinders en bestuur ons lewe. Ons moet onsself elke dag aan die Gees oorgee, dan sal ons die negevoudige vrug van hierbo dra. Dink na oor elkeen van hierdie 9 dinge en laat dit deel van jou lewe en jou voorbeeld wees. (Lees Galasiërs 5:13-6:10)