Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang! (2 Petrus 1:3)
Jy het alles wat jy nodig het in Christus. Alles. Alles vir die lewe. Alles vir diens aan ander. Alle voorsiening is joune. Bid dat Christus jou daarvan bewus sal maak. Bid dat Hy jou sal leer hoe om hierdie ongelooflike geskenk te koester.
Die lewe wat Christus aanbied, word nie beperk tot ’n uitverkore groepie mense nie. Die lewe wat Hy bied, is vir almal. Vir jou. Die uitnodiging om te aanbid, om God te ken, om sy Gees te herken, is ’n uitnodiging waarvoor elke gelowige ten volle toegerus is om te aanvaar.
Wanneer jy Christus ken, wanneer sy Gees in jou woon, is jy toegerus om Hom persoonlik te ken, net soos wat enigiemand van jou generasie Hom kan ken. God kies nie een gelowige bo ’n ander een nie. Sy liefde, sy teenwoordigheid, is joune. Geheel en al.