Gedagte vir die dag: Altyd getrou

bybel.jpg

Argieffoto

Ons moet leer uit wat lank gelede reeds in die Skrif opgeteken is. Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagting te bly vashou. (Romeine 15:4)

Jy is nie alleen nie. EK IS daar in jou worstelinge, elke oomblik by jou, bewus van alles waaroor jy bekommerd is. Ek het belowe dat Ek jou nooit sal verlaat of in die steek sal laat nie, en Ek sal ook nie. Vestig daarom jou hoop op my waarheid en rus terwyl jy wag.

Jou geloof sal getoets word; geloof is nie geloof tensy dit deur ’n toets bewys word nie. Ontvang my beloftes en steun daarop vir elke situasie in jou lewe. Ongeag waarmee jy worstel, EK IS in staat om jou te red. Geen hindernis is te groot vir My en daar is niks wat Ek nie kan doen nie. As jy in My glo en My altyd vertrou, het jy al die krag wat jy nodig het om net nog een tree in geloof te neem. Dit is al wat Ek jou vra om te doen. Ek gee vir jou genade vir die oomblik.

Ek wil hê jy moet met sekerheid weet jy is nie alleen in die beproewings waardeur jy moet gaan nie. Deur jou hoop is my kragtige mag by jou. Ek sal jou nooit teleurstel as jy jou hoop op My vestig en My vertrou om jou te red nie. Vertrou volkome dat Ek jou sal help, vind vrede in my beloftes en wag gretig vir jou geloof om te sien wat Ek kan doen.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marietjie ·

Ek probeer die Gedagte vir die Dag uitdruk vir my moeder. – maar het nie ‘n opsie om te print nie. Hoe doen ek dit?

jan ·

Gebruik n snipping tool software dan trek oor die berig en save hom na n word document en save hom daar dan sal jy hom kan print

Landi Slatter ·

Dagsê Marietjie

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.
Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Paul ·

Jy kan die CTRL en PRTSC knoppies gebruik saam en dit dan gaan Paste op n word dokument. Hoop dit help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.