Gedagte vir die dag: Berou en herstel

stiltetyd_boom_hart_takkies

Argieffoto (Foto: Jonathan Sautter/Pixabay)

Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak. (2 Kronieke 7:14)

Die belofte van vergifnis en herstel is in werklikheid ’n oproep tot nederigheid. Die lys dinge wat God se mense doen – hulle verootmoedig hulle, bid, soek God en draai weg van hulle sonde – is alles aspekte van berou. Let op die progressie hier: Eers besef ons ons is sondige mense; dan bring ons ons sonde na God toe; dan soek ons God met ons hele hart, en laastens kies ons om weg te draai van ons sonde af. As ons vashaak by ’n gebed van berou – of, erger nog, by ons gevoelens van skaamte en skuld – sal ons nie so ver vorder in ons nederige berou soos ons behoort nie. Ons kul dan onsself uit die volle vergifnis en herstel wat God ons belowe.

Wanneer ons reageer op God se oproep tot bekering, hoor Hy dit. Sy hart is op ons ingestel en Hy wil vir ons liefde, vergifnis en herstel gee. Al wat ons moet doen, is om sy liefdevolle belofte met nederige berou te ontvang.

Hoe dikwels volg jy hierdie stappe van berou? As jy nie die vergifnis en herstel van God in jou lewe ervaar nie, is dit dalk ’n goeie plek om te begin: by die oproep van hierdie vers om God se vergifnis met jou hele hart te soek. Moenie die proses probeer kortknip nie. God reik uit na jou en bied vir jou sy vergifnis en herstel aan die oomblik dat jy waarlik berou het.

Vra na die Here terwyl jy Hom nog kan vind. Roep Hom nou aan terwyl Hy nog naby is. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe! – Jesaja 55:6-7

Bron: In die skadu van die Allerhoogste deur Nancy Taylor & Chris Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.