Julle moet in My bly en Ek in julle. (Johannes 15:4)
’n Geloof wat op Jesus gesentreer is, is lewend en tintelend. Jesus vra nie in die eerste plek jou trou aan ’n spesifieke godsdienstige kode nie, maar primêr aan Hom. Hy plaas ’n gewigtige premie op sy verhouding met jou en jou persoonlike verhouding met Hom. As ons Hom eerste plaas, val alle ander dinge in hulle korrekte perspektief uiteen.
Die oningeligte sou kon dink dat so ’n onvoorwaardelike oorgawe alleen maar spreek van ’n oordosis vroomheid wat die lewe van sy daadkrag en opwinding sal beroof. Diesulkes het slegs ’n vae begrip van die Meester. Hy het gekom om lewe te skenk, en dit oorvloedig en ryk! Dit is die erfdeel van hulle in wie Hy bly, en wat op hulle beurt in Hom bly.
Here Jesus, kom woon deur u Heilige Gees in my en weerspieël Uself deur my lewe. Amen.
Dankie vir die wete Here
Ps 139 se alles….dankie Here dat U my volkome liefhet dat U alles van my weet en altyd by my is
Sollie was dan een vir seuns . Ek het vir CUM gese om sy boeke van die rak af te haal
Kom , kom , kom , Ossie was dan n karaktwr nes Breytenbach van Grey . Ek het gese CUM moet sy boeke van die rak afhaal .
Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen !
Ja Here, dankie dat U altyd die eerste tree na ons toe gee. Al wat U van ons vra is om die tree na U toe te gee.