Gedagte vir die dag: Daar’s hulp

vrou_vrede_natuur_sonsopkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hulle wat opsien na Hom, sal straal van vreugde; op hulle gesigte is daar geen skaamte nie. (Psalm 34:6)

Wanneer jy deur moeilike tye gaan, is daar altyd hulp beskikbaar. Sielkundiges en psigiaters. Pastore, predikers, leraars en dieetkundiges. Ondersteuningsgroepe en selfhelpseminare. Jy kan jou ma of jou beste vriendin bel. Jou baas of jou bankbestuurder gaan sien. Iets op eBay koop. Waar God vir jou ’n kanaal van hulp of onderskraging oopgemaak het, bid vir wysheid en benut die hulpbronne wat Hy vir jou voorsien het.

Maar tensy jou perspektief verander en jy besef dat God die Here is, sal al die hulp wat jy kry bloot tydelike verligting bring. Dit sal nie verligting bring van die hartseer, vrees, pyn of teleurstelling in jou siel nie. Slegs God kan dit doen. Hy het oor duisende jaar heen vir jou geskryf, en seker gemaak dat sy woorde behoue bly sodat hulle vir jou vrede en vreugde kan bring, selfs in die werklikheid van die 21ste eeu.

Sien jy God se Woord as jou hulp en jou genesing, dit waarop jy staatmaak?

Here, U is nooit stil in my lewe nie, want ek het u lewende Woord. Dankie daarvoor! Help my om my na u beloftes, opdragte en wysheid te wend – om daarna te luister en daarvolgens te leef. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ina ·

ek begin bid sodra ek opstaan in die oggende….ek bid selfs wanneer ek in die nag wakker skrik en nie weer kan slaap nie. dankie vir hierdie boodskappe van hoop en liefde elke dag tussen al die moord en dood en slegte nuus.
ek bid deurentyd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.