Gedagte vir die dag: Deur donker dieptes

Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

Lees: Psalm 23

Die Here is my herder. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. (Psalm 23:1, 4)

Die psalmdigter getuig dat hy nie vir donker dieptes bang sal wees nie, omdat sy Herder ook daar by hom sal wees, en in die hande van die Herder is sy skape altyd veilig.

Of dit nou jy is wat deur “’n dal van doodskaduwee” moet gaan (Psalm 23:4, Bybel in Afrikaans 1933/1953) moet gaan, en of dit een van jou geliefdes is wat deur die dood van jou weggeneem word, daar wag ’n tyd van swaarkry, ’n “donker diepte” vir elkeen van ons. Wanneer jy in so ’n donker plek in jou lewe beland, het jy die versekering jou Herder is saam met jou, Hy hou jou veilig en Hy sal jou uiteindelik deur daar die donker vallei dra. Jy hoef dus nooit bang te wees in die donker nie – want God self is by jou, in sy hande is jy veilig vir altyd.

Met God se hulp kan jy die uitdagings en probleme wat op jou lewenspad wag, te bowe kom en met vertroue in jou Herder sal jy die lewe se pyn en hartseer kan hanteer. God vrywaar jou nou wel nie van swaarkry en seerkry nie, maar in sulke tye is Hy by jou, Hy is Self jou lig in donker tye. “My God gee lig as dit donker is om my,” getuig Dawid in Psalm 18:29.

Laat jou Herder toe om jou elke keer deur jou eie donker dieptes te dra, sodat sy nabyheid jou kan troos en bemoedig.

Hemelse Herder, ek weet dat ek nooit vir die donker plekke in my lewe hoef bang te wees nie, omdat U by my in die donker is en self vir my sal lig maak. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dankbaar ·

Net by ons Hemelse Vader vind ons aavaarding en rus, met die vooruitsig van die ewige lewe. Amen

Dankbaar ·

Net by ons Hemelse Vader vind ons aavaarding en rus…met die vooruitsig van die ewige lewe… Amen

lettie ·

ons hoef vir niks te vrees nie want die wereld behoort nie aan presidente nie maar aan ons Heilige God. Solank ons opreg leef, afhanklik is van Hom en Hom liefhet kan enige iets op ons pad kom en ons sal dit hanteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.