Gedagte vir die dag: Die geloofsreis

saad-saaier-rys

Foto: Pixabay/Pexels.com

Saai die goeie saad van geregtigheid en julle sal ’n opbrengs van my liefde oes. Ploeg die nuwe grond van julle harte, want dis nou die tyd om die Here te soek sodat Hy kan kom en geregtigheid oor julle uitstort. (Hosea 10:12)

Is julle harte vandag verhard, nie gereed om die saad van geregtigheid te ontvang nie? Het die Bybel droog en vervelig geraak? Verg dit inspanning om ander mense te dien? Voel dit of God se morele wet moeilik en onredelik is? Is gebed bloot ’n formaliteit? Wil julle liewer julleself as die Here behaag?

Bid en vra vir God om die harde grond van julle harte om te ploeg. Wees eerlik en bely enige sonde waaraan julle vasklou. Lees elke dag die Skrif om te onthou wat die waarheid is. Bid vir ’n dankbare hart vir al die seëninge in julle lewe. Vra vir ’n dieper liefde – ’n bereidwilligheid om julleself toe te wy aan God en aan die mense wat julle geroep word om te dien.

God wil julle lewens vernuwe. Hy sal julle heilig en rein maak. Julle sal sy helder ligte wees wat in ’n donker wêreld skyn. Julle sal die genade en liefde ontvang wat Hy belowe om te gee. “Gelukkig is dié wat honger en dors na wat voor God reg is, want Hy sal hulle hartsverlange bevredig.” (Matteus 5:6)

Here, hou ons harte oop en gereed om u liefde te ontvang. Stort u geregtigheid oor ons uit terwyl ons elke dag u aangesig soek. Amen.

Bron:
Mnr & Mev – 366 oordenkings vir egpare deur Rob & Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

FM ·

Ek dank U, Here van my hart.
U ken my deur en deur en U is genadig en getrou
Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.