Gedagte vir die dag: Die Here is my herder

Herder_skape_veld_stiltetyd.jpg

Argieffoto (Foto: Carbonchurch.com)

Waarlik, u goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe; en ek sal bly in die huis van die Here so lank as wat ek lewe. (Psalm 23:6)

Skape is hulpelose diere wat nie baie lank sal kan oorleef sonder die voortdurende sorg van ’n herder nie. Skape sien nie baie goed nie en word maklik bang, veral wanneer dit donker is. Soms raak hulle so angstig oor ’n denkbeeldige gevaar dat hulle hulle letterlik doodbekommer. Die herder voorsien in die behoeftes van hierdie hulpelose diere; hy gee vir hulle water, kos, rus, veiligheid teen gevaar en rigting. Die blote teenwoordigheid van hulle herder kan die bang skape rustig laat word.

Dawid was ’n herder van beroep, en hy het geweet hy moet op God, sy Herder, vertrou. Net die Here kon vir hom nuwe krag gee en in al sy behoeftes aan rus, leiding en beskerming in die donker klowe voorsien. God is die Een wat na hom sou kom soek wanneer hy van die regte pad sou afdwaal en wat sy wonde sou verbind. En God se beskerming en voorsiening sou hom selfs deur die heel moeilikste tye dra.

Die donker klowe verteenwoordig enige moeilike lewenservaring wat ons bang maak, ook die dood. In die donker kloof stap God voor ons uit en Hy stap langs ons; God lei ons en laat ons vrese bedaar. Hy dra ons deur die hoogtepunte en die laagtepunte van die lewe. En hoe nader ons aan ons Herder bly, hoe veiliger sal ons wees en hoe meer vrede sal ons harte vul.

Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos. Ek het jou by jou naam geroep. Jy behoort aan My. Wanneer jy deur diep water van moeilikheid gaan, sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur vuur van verdrukking stap, sal jy nie verbrand nie. Die vlamme sal jou nie verteer nie. – Jesaja 43:1-2

Bron: In die skadu van die Allerhoogste deur Nancy Taylor & Chris Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here vir elke belofte….ek maak dit my eie..in Jesus Naam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.