Gedagte vir die dag: Die Here se dissipline

woud_strale_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Jy moet dit nie geringskat as die Here jou dissiplineer nie. Moenie ontmoedig word as Hy jou aanspreek nie. (Hebreërs 12:5)

Toe jy God genader en Hom om hulp gevra het, toe jy gevra het vir ’n nuwe lewe, was God reeds daar en het Hy op jou gewag. Gereed.

Tog is God se proses van vernuwing dikwels nie wat jy verwag nie. Jy sien en is besorgd oor jou uiterlike omstandighede. God is in die eerste plek oor jou hart besorgd.

God dissiplineer ons dikwels deur omstandighede. Deur jou omstandighede, en in jou reaksie daarop, sien jy dat jy vernuwe word. Jy sien hoe jou gedagtes jou woorde beïnvloed en hoe jou woorde jou gedrag beïnvloed. Alles is verbind.

Moeilike omstandighede werk in jou guns wanneer God jou Leermeester is. Aanvaar die nuwe denkpatrone wat Hy vir jou aanbied en maak werk van hulle. Op hierdie manier leer God jou hoe om te leef.

God werk altyd van binne af buitentoe.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize ·

Here hulp my om volgens U wil te lewe en nie my wil nie gee my die krag om die regte besluit te neem Dankie vir U genade en liefte

Spook ·

Is die dissipline die tsoenamies waarin kinders en ander goeie mense ook wreed sterf?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.