Gedagte vir die dag: Drome onder stof

koring_somer_son_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

“Ek weet van alles wat jy vir jou skoonma gedoen het … Mag die Here jou beloon vir wat jy gedoen het. Mag jy ’n welverdiende beloning ontvang van die Here die God van Israel onder wie se vleuels jy kom skuil het.” (Rut 2:11)

Vroue is emosioneel sterk aan hulle geliefdes verbind en het ’n sterk drang om te koester en te beskerm. Daarom wy hulle dikwels hulle lewe aan hulle gesin en hulle Godgegewe drome en passies bly op die agtergrond. Rut het so ’n sterk band met haar skoonma gehad.

Daar is so baie vroue wat die een of ander tyd besef hulle drome het nooit waar geword nie. Daarom is dit so belangrik om gereeld met jou geliefde te gesels oor julle drome en ideale sodat julle mekaar kan help om ook as individue vervulling in die lewe te vind.

Boas se woorde aan Rut is vir my ’n beeld van God se getrouheid aan ons. Rut het alles opgeoffer en nooit besef die skraapsels waarmee sy tevrede was, het uit haar ware erfenis gekom nie. God het haar egter nie vergeet nie en haar oorvloedig geseën.

Ons hoef nooit bang te wees ons mis ons roeping nie. Soos vir Rut, is die heel beste plek vir ons onder die vleuels van die God wat ons ken en ons toekoms bepaal.

Here Jesus, gee vir my die wysheid om te weet wat ék moet doen om die talente en gawes in my te laat blom. Amen.

Bron:
Dagstukkies vir besige vroue deur Christelle Webb-Joubert
Uitgewer: Lux Verbi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.