Encounter Church gee terug met hul emmerprojek

Foto verskaf deur Encounter Church

“Afsondering” is ‘n woord wat in die geskiedenisboeke van Suid-Afrika en die wêreld opgeteken gaan word. Dit is vir elke Suid-Afrikaner ‘n “skelwoord” wat ons persoonlike ruimte inperk. Ons sosiale vermenging met mekaar is skielik tot halt geroep. Diegene wat die swaarste getref word, is die weerloses, kinders, gestremdes en bejaardes.

Leon du Preez, Senior pastoor en stigter van Encounter Church, glo dat hierdie mense onvoorwaardelik bygestaan moet word. Dis tyd dat die kerk TERUGGEE!

Die reg op voedsel hou verband met ‘n mens se reg op lewe en waardigheid. Paniek het ontstaan nadat die president die algehele landswye afsondering aangekondig het. Sommige persone was paniekbevange omdat hulle nie vinnig genoeg die rakke in die winkels kon leegkoop nie. Dan was daar diegene wat paniekbevange was omdat hulle nie weet waar hulle kos vir die volgende 21 dae sou kry nie.

Die Encounter Church, onder leiding van pastore Leon en Este-Lee du Preez, het vinnig ‘n besluit geneem en ʼn span gemobiliseer om 300 emmers met nie-bederfbare items te vul, om meer as 200 gesinne te voed. Die emmers is Donderdag, 2 April, onder die behoeftiges uitgedeel.

“In hierdie tyd moet die kerk opstaan en as hulp optree vir die mense wat geen hoop het nie,” sê Du Preez.

Encounter Hope, die welsynsafdeling van Encounter Church, het in Januarie met hul “Bucket-projek” begin om behoeftiges in die gemeente te voed. Die projek is reeds baie suksesvol en het die jaar al talle families gevoed. Maar dit is beslis nie die einde van die helpende hand wat Encounter Hope uitreik nie. Die “Bucket-projek” gaan voort en daar gaan gereeld kos versprei word onder mense wat dit werklik nodig het.

Selfs in hierdie moeilike omstandighede, sal Encounter Church steeds ‘n baken bly vir mense wat hulp nodig het.

Besoek Encounter Church se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.