Gedagte vir die dag: Gebed bind ons saam

twee_persone_sit_duine_sonsopkoms_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Stry saam met my deur vir my te bid. (Romeine 15:30)

Gebed maak ons gelyk en bind ons saam. Leiers het ook nodig dat vol­gelinge vir hulle bid. Paulus het gereeld vir die gemeentes gevra om te bid. Al kon hulle nie saam met hom van plek tot plek reis of op markpleine en in tempels langs hom op die podium klim en getuig nie, was hul gebede vir hom tekenend van hul liefde, besorgdheid en meelewing. ‘Ek versoek julle dan dringend, broers,’ sê hy in die Romeinebrief, ‘in die Naam van ons Here Jesus en op grond van die liefde wat van die Heilige Gees kom: Stry saam met my, deur vir my te bid’ (Rom 15:30).

Dis vir Paulus ’n ernstige saak om die gelowiges in gebed te verenig. Hy bid ook vir hulle. Paulus is spesifiek met sy versoeke. ‘Bid ook vir my,’ vra hy die Efesiërs, ‘dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die gehei­menis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak’ (Ef 6:19). Hy vra dat hulle vir sy veiligheid onder die heidennasies voorbidding doen (Rom 15:31) en vir die rustydjie wat hy beplan (Rom 15:32).

Jesus het in die nag voor sy kruisiging vir sy dissipels gevra om saam met Hom te bid. Hy het Petrus, Johannes en Jakobus uitgesonder: ‘Ek voel doods­benoud,’ het Hy gesê. ‘Bly hier en waak saam met My’ (Matt 26:38).

Die dissipels kon nie wakker bly nie en het aan die slaap geraak, hoewel Hy hulle twee keer kom wakker maak het. Daarna het Hy Hom berus.

Belowe jy ook soms dat jy sal bid en dan raak jou eie lewe so veeleisend dat jy vergeet?

Almagtige Heer en Hemelvader, hulle wat ons leiers is, het ons eenvoudige gebede ook nodig. Help ons om hulle te onthou.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Theuns ·

Here, Help my om wakker te bly en te bid! U weet hoe dit is as moegheid jou oorval en dit onmoontlik raak om selfs ‘n word te uiter. Nogtans is U altyd daar! Prys U Naam! Amen!

Johan ·

Vader dankie dat U weet wat ek wil bid voordat ek ‘n woord gesê het. Vader ek is so baie gedaan en hartseer. U weet wat in my huwelik aangaan en dat die finale breek na bykans 28 jaar hier is. U alleen kan ons seer makliker maak en help om genesing te kry. Vader help ons albei en lei my waar ek op my relatiewe hoë ouderdom nie weet waarheen ek gaan nie. Versterk my om onvoorwaardelik te volg waar U lei en U wil alleen geskied. Vergewe my asseblief my klein geloof en as dit U wil is gee aan my wysheid om alles te hanteer. Wees ook asseblief met elkeen wat vanoggend stukkend is. Aan U alleen al die eer en lof. Amen

Marcel Liebenberg ·

Ek kry sommer ‘n traan in my oog en ‘n knop in my keel toe ek jou gebed lees. Ek ken julle nie, ek weet nie wat julle omstandighede is nie, maar kom ek sê jou een ding – 3 maande terug was my huwelik op die rotse – Daar was nie hoop nie. Die Here was nie in my huis nie. Ek het myself tot die Here gedraai en ek het Hom gevra om te help. En Hy het. Absoluut. In die afgelope 3 maande het my huwelik gegroei en sterk geword en geblom – Danksy die Here se genade. Dus wil ek julle vra – As daar enigsins ‘n klein sprakie van hoop is – probeer – en probeer harder. Die Here het my oë oopgemaak – Hy het my gewys wat ons moet doen – Hy het my gebede aangehoor en ons gehelp tot waar ons vandag is. As jy wil, kan ek julle inlig oor van die “gereedskap” wat ons gebruik het – Elke dag – harde werk, maar dit werk en is elke traan werd. Ons is al 15 jaar getroud, maar vir die eerste keer in baie jare is ons weer verlief ook.

treurgrond ·

Vader U hoor my vanoggend vir U bid en vir U vra om my lewe in U hande te neem – my lewe my God ek is baie lief vir U my God en vertrou en volkome. Ons almal kry onse af dae – veral in werksomstandige wat ‘n mens nie meer weet wat aangaan ens nie – maar as ek hier uitry in die middae, soen ek U in die hemele en my hart word weer een met U – U het my nog ‘n dag gespaar My God nog ‘n dag in U teenwoordigheid. Ek se weereens dankie vir my lewe na drie breinoperasies – dankie dat ek nog ten volle kan werk – dankie net vir U my God. Love u God Amen Amen Amen

Theuns ·

Johan en Treurgrond ek bid vir albei van julle en ek weet dat GOD julle sal uitred! Amen Amen!!

Marcel Liebenberg ·

Amen – Die Here het in ‘n kwêssie van oomblikke my Huwelik gered – Sy genade is ongelooflik groot…Gebed – Sit jou worries voor die Here se voete. Ek bid ook vir julle. Mag die Here in julle Huwelik doen wat Hy in myne gedoen het. Ek bid dat die Here se genade oor julle sal kom en dat die Here se Lig vir julle die pad sal aandui. Alle Voorspoed.

Marcel Liebenberg ·

Goeie dag almal – Ek is maar ‘n “newbie” in die wonderlike Lig van die Here. Ek het so 3 maande terug my hart vir die Here gegee. Hoe wonderlik is Sy genade nie. My huwelik van 15jaar was op die rotse, my werk was onseker en ek het nie rigting head nie. Wel, drie maande later is my kontrak verleng met 12 maande, My Huwelik is beter as ooit vantevore en ek voel wonderlik.
My Getuienis – Vandat ek my hart vir die Here gegee het, vra ek die Here om my te help volhard – aanhou en sterk staan. Die afgelope paar dae het die duiwel dinge oor my pad gesit wat my aandag afgelei het – wat my stelselmatig bietjie-vir bietjie laat verstomp het. So uur terug stap ek in die aanleg rond en die drang om maroela media se dagstukkie oop te maak, pak my beet. En dis die stukkie wat ek toe oopmaak. Hoe wonderlik is die Here nie. Weereens verhoor Hy my gebed om te volhard. Ongelooflik.

Bokkie ·

Hi Marcel. Watse “gereedskap” het julle vir die herstel van julle huwelik gebruik?

survivor ·

Ek wil vir al julle ouens en vrouens se sterk staan met julle huwelike ek weet wat gaan jul deur ek is asl 48 jr getroud en 32 jr van dit was my man ontrou aan my dit baie erg ek het vas gestaan en geglo. God sien alles raak ek elke dag gebid en dit gaan nou beter. Onthou net. Gebed is n manier om elke dag Huis toe te bel Dit gee jou n gevoel van tuiskoms in God ser skepping. Dit vul jou met vrede wat niemand jou kan gee of steel nie. Sterkte vir jul almal ek bid vir julle xxx

Bokkie ·

Na 2 jaar in ons beide se 2de huwelike het ons verhouding tot breekpunt gekom. My man en sy kinders het getrek en hy wil skei. Ek verstaan dit – ons rusies het baie en lelik geraak. Maar ek bid en glo dat die Here ‘n wonderwerk sal doen want ek glo dat Hy ons vir mekaar gegee het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.