
Foto: pixabay.com
Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.” (Johannes 20:29)
Tomas weier om te glo dat Jesus werklik uit die dood opgestaan het. Hy dring daarop aan om Jesus met sy eie oë te sien. As Jesus wel voor hom verskyn, bely hy sy geloof op ’n treffende manier. Maar Jesus sê vir hom dat dié mense wat glo sónder om te sien gelukkiger is.
Vra God om jou geloof te versterk sodat jy nie meer sal sê: “Sien is glo” nie, maar vas sal glo, sonder om te sien, dat elkeen van sy beloftes waar is.
Wanneer ek in God glo, weet ek dit moet alles reg wees met my, selfs al is dinge so treurig en verkeerd. ~ Lewis B Smedes
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Ons moet elke Woord glo wat God gespreek het, beide ou en nuwe testamente. Hy het met Sy koms niks verander teenoor Sy ou testamentiese uitsprake nie behalwe om Sy offer in ons plek te bring as skuldbetaling vir die ewige dood wat eintlik ons erfdeel moes wees. Is God se Woorde nie vir ons opgeteken as aanhalings deur die profete en die apostels nie, ja ook Mattheus, Lukas en Markus het gaan novors oor wat Jesus gesê het om Sy Woorde pertinent vir ons aan te haal. Die evangelie van Johannes is juis so ‘n kragtige werk omdat Johannes… Lees meer »