Gedagte vir die dag: Wees bly want God het jou gemaak

enigPsalm 149:2 – Al God se kinders moet bly wees oor Hom, want Hy het hulle gemaak. Gelowiges moet juig oor Hom, want Hy regeer oor hulle lewe.

Vir baie mense is dit lewensbelangrik om een of ander goeie naam of maak klere te dra. Die brand is egter vir hulle net te belangrik. Ek moet self bely dat ek graag op uitverkopings Tommy Hilfiger of die ware Jakob Nike of Adidas aanskaf. Een ding wat jy verseker moet weet met so ʼn brand is dat jy kwaliteit gekoop het en dat dit lank gaan hou. Het jy geweet dat ek en jy ook ʼn brand het? Iemand het ons mos gemaak. Die heel beste van ons Skepper is dat Hy ons na die sondeval weer gekoop het ook. Ja, jy is deur God uniek en kosbaar aanmekaargeweef. Na die sondeval het Hy Jesus aarde toe gestuur om die bose werk van die sondeval ongedaan te maak sodat jy sy kind kan wees. Praat nou van waardevol! Oor jou is geskryf: Deur God gemaak en deur Jesus se bloed gekoop. As jy ooit weer wonder oor jou waarde, onthou jou branding. Daarom kan jy bly wees. Daarom kan jy jubel en juig. Jou Skepper is die Skepper van die heelal. Jou Skepper is ook jou Vader wat elke dag vir jou sorg.

Daar is meer blydskap in ʼn dag saam met Jesus as in 365 dae in die wêreld. Ek het albei op die proef gestel. – RA Torrey

Gebed: Here, dankie dat U my kosbaar en uniek gemaak het. Dankie dat ek kan jubel en juig omdat ek waardevol is. U het ʼn plan met my lewe.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.