Gedate vir die dag: Radeloos, maar nie hopeloos nie

bybel2 Kron 20:12 – “Ons weet nie wat om te doen nie. Ons oë is op U gerig”

“Jesus is die antwoord. Maar wat is die vraag?” Ons maak maklik tydens evangelisasieveldtogte die fout am te so dat alles sal regkom as jy jou lewe aan Christus oorgee. Jy sal gesond word. Jou huwelik sal herstel. Jy sal werk kry. Jou skuld sal uitgewis word. Jou kinders sal bevry word van dwelms … en as dit dan nie gebeur nie, dan besluit ons dat God nie bestaan nie.

Die probleem lê nie by God nie, maar by die verkeerde beloftes wat gepreek word. Dit gaan nie altyd goed met goeie mense nie. Maar God is met ons, in elke omstandigheid. Josafat het moeite gedoen om die wil van die Here te soek en sy land volgens die Woord te regeer. Hy het verwag dit sou vrede verseker. En toe hoor hy die onverwagte nuus van die oormag wat reeds naby is. Ons lees dat hy bang geword het, maar dat hy dadelik die Here se hulp gesoek het (2 Kron 20:4). Hy het toe ‘n dag van vas en gebed uitgeroep, en die hele Juda het by die tempel bymekaar gekom. Hy het die Here herinner aan die uitkomste en beloftes van die verlede en Hom gevra am hulle te lei. Wat moes hulle nou doen? Jy voel dalk vandag net so radeloos en onseker so as Josafat. Jy wit graag in die regte verhouding met God lewe, maar nou kom daar teenstand en probleme wat jy nooit verwag het nie. Waar moet ons ons raad en hulp gaan soek? In die eerste plek natuurlik by die Here. Hy sal ons lei. Hierdie ramp het ons nie toevallig getref nie. Agter alles is daar ‘n liefdevolle hemelse Vader wat ons deur die ramp wil lei sodat ons geestelik kan groei. God gee hoop. Alles is nie verlore nie.

Gebed: “Here, wys my vandag wat ek moet doen. Ek vertrou op U dat U hierdie probleem goed sal laat uitwerk.

Bron: Uit die Beek – Attie van Wijk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.