Gedagte vir die dag: Gee jou hart          

hart_strand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hy staan by ons en help ons in al ons krisisse. Daarom kan ons ander mense help en troos wanneer hulle swaarkry. Ons kan dieselfde troos met hulle deel as wat God met ons gedeel het. (2 Korintiërs 1:4)  

Wat sou die wêreld sonder die sagtheid van vroue-harte wees? Ja, vroue het ’n spesiale radarstelsel waarmee hulle ander se pyn aanvoel en die vermoë om ’n ander se trane met haar hart af te droog.

Henri Nouwen het geskryf: Om te troos beteken nie om pyn weg te neem nie, maar om daar te wees en te sê: “Jy is nie alleen nie. Ek is by jou. Saam kan ons jou las dra. Moenie bang wees nie. Ek is hier.” Dit is troos. En ons moet dit nie net gee nie, maar ook kan ontvang.

Kom ons blý troos-vroue. Vroue wat so bewus is van God se genade-vertroosting in ons eie lewens dat ons ander se trane spontaan afdroog. Want wanneer ons ander troos, is ons geneig om ons eie hartseer sommer te vergeet.

Dankie, Trooster, dat U altyd daar is om mý van u liefdesorg te verseker. Wys my hoe en waar ek dit vandag kan uitdeel.

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chami ·

Heerlik om op my nugtermaag sulke woorde te lees!
Dankie Maroela Media!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.