Gedagte vir die dag: Geen plek vir Jesus nie

sterre_woestyn_pixabay_Stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ’n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. (Lukas 2:7)

Betlehem was oorvol as gevolg van die volkstelling. Omdat Josef en Maria nie plek in ’n herberg kon kry nie, is die Seun van God in ’n vuil stal gebore. Dáár het Maria Hom in die wêreld gebring, in doeke toegedraai en in die krip neergelê waaruit die diere geëet het.

Met Jesus se geboorte was daar nie vir Hom plek in die herberg nie. Vandag is daar steeds baie mense wat nie vir Hom in hulle lewe plek wil maak nie. Is daar plek vir Jesus in jóú lewe?

Jy mag nooit só besig wees dat jy nie tyd het vir Jesus nie. ~ Anoniem

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat U na die vuil wereld gekom het om ons los te koop……lof, dank en eer kom U alleen toe. Amen

Chris ·

Yvonne, nie net na hierdie vuil wêreld nie, maar ook na MY vuil siel en wese.

Chris ·

Is dit waar: Hoe kan Iemand ‘n ander so lief hê dat Hy keer op keer op keer oortredings – doelbewus of nie – vergewe? Vir my sondaarverstand klink dit net nie moontlik nie …

Africangrey ·

Ja Chris, vir n mens onmoontlik om dit te verstaan, maar by Hom is alles moontlik. Hy is so vol van Liefde en Genade, daar was nie plek vir Hom die Koning van alle Koning nie, maar, as ons eerlijk is, is dit nie net die mense wat Maria weggestuur het wat sleg is nie, ons is dieselfde, want ons maak ook nie plek in ons hart vir Hom nie.

Blomme ·

Daar sal ALTYD plek in my lewe wees vir U Liewe Heer. Ek sal leeg wees sonder U in my lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.