Gedagte vir die dag: Geestelike vernuwing is noodsaaklik

Arend_Stiltetyd.jpg

Foto: Jannie Oosthuizen

Dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. (Jesaja 40:31)

Ons lees in die Bybel hoe dikwels Jesus Hom van die massas losgemaak het sodat Hy alleen by sy Vader kon wees. Hoeveel te meer is dit nie vir ons nodig om tyd saam met ons hemelse Vader deur te bring nie?

Dis in dié kosbare oomblikke wanneer jy deur gebed, Bybelstudie en bepeinsing by God stil word, dat die Gees weer die leë opgaarplekke in jou lewe vul.

As jy agterkom dat jy deur dor en bar plekke gaan of as jy weet dat jou geestelike lewe sy sprankel begin verloor, breek los uit die roetine sodat jy jou totale wese daaraan kan wy om stil te word in die teenwoordigheid van God.

Vul my met u Gees, Here. Ek smeek om u troos, krag en leiding, alles tot u eer. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Annelie ·

Dankie vir U belofte Heer…
God is Groot! Ek kan daarvan getuig! Hy is ons Herder… Ons Verlosser… Ons Saligmaker! Koning! Vredevors!

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie Here vir al U genade en seëninge. Amen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.