
Foto: diversityreporter.com
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet. (Romeine 8:28)
Daar is sommige dinge waarvan ’n gelowige absoluut seker kan wees. Ons weet byvoorbeeld dat God in beheer is. Selfs wanneer die see rof is, weet ons ’n ongesiene hand is aan die stuur. Ons weet dat God altyd wys is. Daardie wete gee ons die versekering dat daar geen ongelukke is nie; geen foute nie. Niks kan gebeur wat nie moet gebeur nie.
Wanneer ons weet dat God in beheer is, dat Hy met wysheid regeer, dat Hy goeie dinge uit boosheid voortbring, kan ons elke beproewing wat oor ons pad kom met vrede tegemoetloop. Die gelowige kan in die gees van ware onderdanigheid bid: “Stuur wat ook al u wens is oor my pad, Here, solank dit van U af kom.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Dankie Here dat U aan die stuur van ons lewens is. Amen!
O Heer, vandag bid ek dit u my lewe sal beheer. Ek het dit nou meer nodig as ooit in my lewe. Wys vir my die uitweg en die pad wat ek moet stap. Amen!
Dit is verseker…..
Dankie Jesus vir die wete dat U in beheer is!
Amen!!!!
Dankie God, vir U leiding en wysheid, wat ALTYD die beste is!