Gedagte vir die dag: God ken jou naam

Foto: pixabay.com

Hy het teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen (Lukas 15:20)     

Dalk voel dit vir jou of jy heeltemal te ver van jou kaart afgedwaal het. Jy voel verlore en alleen en jy wonder of God steeds jou beste belange op die hart dra, of Hy jou regtig beskerm op jou lewenspad (1 Sam. 2:9). Of dalk voel jy verleë omdat jy doelbewus weggestap het van God af.

Gryp dan asseblief aan hierdie waarheid vas en laat dit wortelskiet in jou hart:

Jou hemelse Vader ken jou naam. Hy is lief vir jou. Hy het planne vir jou. Ongeag waarheen jy gaan of wat jy doen, Hy sal jou soek en jou huis toe bring (Ps. 139:9-10). Niks is vir Hom te moeilik nie. Hy het die sonde en die dood oorwin – vir ons almal, eens en vir altyd – deur Homself oor te gee en Homself prys te gee aan die straf wat ek en jy veronderstel was om te dra. Hy het sy bloed gestort sodat jy dit nie hoef te doen nie. Geen sonde is te afskuwelik of te skokkend of te weersinwekkend vir Hom om te vergewe nie.

Draai om en hardloop terug na jou Vader toe, vriendin. Jy sal vind Hy hardloop jou reeds tegemoet.

Here, dit is onmoontlik om aan u nimmereindigende, alomteenwoordige liefde te ontsnap. Dankie daarvoor. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

Von ·

Here Jesus U het die weg gebaan….U is by my ongeag hoe ek voel…dankie vir U alomteenwoordigheid U nimmereindigende liefde…..my lof en dank en eer kom U toe

Hetta ·

Ek is so lief vir hierdie plek Maroela
Dankie
Ek maak inbetalings by FNB

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.