Toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ’n man met die naam Matteus by die tolhokkie sit. Hy sê toe vir hom: “Kom! Word my dissipel!” Matteus het opgestaan en Jesus se dissipel geword. (Matteus 9:9)
Die oomblik wanneer God met jou praat, wil Hy hê jy moet dadelik reageer. Jesus het nie vir die dissipels 30 dae kennis gegee om hulle huishoudings in orde te bring, al die gevolge te oorweeg en dan te besluit of hulle Hom wou volg nie. Hy het gesê: “Volg My.” Hulle het alles laat staan en Hom gevolg. Hoe lank dink jy moet jy wag voor jy op sy uitnodiging antwoord?
Here Jesus, ek wil U volg. Ek wil nie meer vir die regte oomblik wag nie. Ek wil nie meer probeer om eers al my omstandighede agter mekaar te kry nie. U het my lief. Ek het U lief. Ek wil U volg waar U ook al gaan. Amen.