Sonde maak dat ons nie net vir God wil wegkruip nie, maar vervreem ons van God. Dis hoekom Jesus aarde toe gekom het sodat Hy deur die kruisdood die straf vir sonde namens ons kon dra. Deur sy dood en opstanding kan ons die ewige lewe beërf en hoef ons nie in vrees vir God te lewe nie.
Jesus se dood het ’n einde gebring aan die oordeel oor elkeen wat Jesus se offer aanvaar. Ons hoef nie meer vir God weg te kruip nie, want Hy red ons.
Ons het dus nou deur die bloed van Jesus volle vrymoedigheid om in die hemelse heiligdom in te gaan. Hy het hierdie nuwe, lewegewende pad wat deur die binneste voorhangsel tot by God gaan, vir ons opgemaak deur vir ons te sterf. (Heb 10:19)
Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem. (Rom 8:1)
Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy