Gedagte vir die dag: God se genade

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. (Titus 2:11)

Genade. Deur die eeue het teoloë én gewone mense probeer verstaan en verduidelik wat dit eintlik beteken. Party praat van God se “onverdiende goedheid” of van “kry wat ’n mens nie verdien het nie”; ander verwys weer na “om God se rykdom op Christus se rekening te bekom”. Maar nie een van die verklarings wat ons probeer formuleer, laat werklik reg geskied aan die aard van genade nie. As gevalle skepsels is die beste waarop ons kan hoop om nou en dan ’n klein stukkie van die waarheid te sien. Al sien ons nou nog maar soos in ’n dowwe spieël (1 Kor. 13:12), is dit wat ons in oomblikke van waarheid van genade begryp waarlik verstommend.

In sy brief aan Titus skryf Paulus van die verskillende soorte mense waaruit die kerk bestaan: ouer mans en vroue, jonger mans en vroue, egpare, kinders, slawe. En dan gaan hy in Titus 2:11 voort om te sê dat God se genade tot die redding van alle mense verskyn het: manlik en vroulik, jonk en oud, getroud en ongetroud, ryk en arm.  Álmal word deur genade alleen verlos. Dit het Paulus in die brief aan die Efesiërs (2:8-9) só verduidelik: “Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie.”

Die waarheid is dat God ons al die seëninge van verlossing skenk, alhoewel ons niks anders as oordeel op ons sonde verdien nie. Ons kan dit nie verdien nie; ons kan dit net aanvaar. Só lyk genade!

Wat beteken God se genade vir jou? Hoe gaan jy vandag in dié genade lewe?

Bron:
My Stiltetyd-Oordenking
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade. Amen.

Ivan d ·

EK WENS AS N VONNIS GEGEE IS,HULLE SE NET 5,10 OF16 JAAR EFFEKTIEF.” LEWENSLANK BESTAAN NIE IN DIE LAND NIE!

Pray ·

Dankie Here vir alles wat ons uit U Hand ontvang…..ek pleit U bloed oor ons land en mense….AMEN

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.