Gedagte vir die dag: Die goeie ou dae – of die goeie hede?

(Foto: Unsplash)

Broers en susters, julle onthou mos nog hoe hard ons gewerk en geswoeg het. Terwyl ons dag en nag gewerk het om nie vir enigeen van julle ’n las te wees nie, het ons God se Goeie Nuus aan julle verkondig. (1 Tessalonisense 2:9)      

Jy het heel moontlik al gehoor hoe ouer mense die euwels van die jonger generasies bekla. “Toe ék jonk was,” sal hulle sê, gevolg deur ’n tirade oor hoe lamsakkig die jeug deesdae is, hoe hulle geen ruggraat het nie, geen sin van verantwoordelikheid nie, geen waardering vir harde werk nie. Ongelukkig is die ou mense dikwels rég. Of ons dit nou wil erken of nie –  ons mors hopeloos te veel tyd deur onnadenkend deur ander mense se sosialemediaprofiele te blaai. Ons wil nie graag erken dat ons partykeer huiwer om ons tot iets te verbind nie – omdat iets béters dalk kan verbykom.

Kom ons skok die wêreld deur op te tree asof ons by God na ’n aanbevelingsbrief soek. Kom ons wees volkome toegewy aan ons toewyding sodat ons die goeie vandag na die beste van ons vermoë kan gebruik!

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.