Daar kom jaloesie en twis onder julle voor. Is dit nie omdat julle nog wêrelds is en julle wêrelds gedra nie? (1 Korintiërs 3:3)
Christus se voorbeeld en sy optrede is ’n bron van verryking vir die lewe van sy volgelinge. Dit verbreed hulle uitsig op die lewe en hulle insig in die optrede van ander mense. Terwyl die proses van groei en volwassewording in jou lewe voortgaan, ontwikkel jy ’n groter begrip vir jou medemens en word ’n toenemende liefde in jou lewe weerspieël.
As die liefde van Jesus Christus jou lewe beheers deur sy inwonende Gees, sal daar geen ruimte vir jaloesie, stryd of bitterheid wees nie. Hierdie onvolwasse emosies en gesindhede val soos droë blare met die koms van lentelewe van jou lewenstakke af. Dit geskied alleen deur die onpeilbare liefde van God.
Deur die krag van u Gees, Here, wil ek groei tot geestelike volwassenheid. Maak my ’n kanaal van u liefde en ’n instrument van u vrede. Amen.
Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie Here vir al U genade en seëninge. Amen!
Amen dit waar…….