Gedagte vir die dag: Die grootste geskenk

blydskap_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe. (2 Korintiërs 9:15)

Jesus is die wonderlikste geskenk van alle tye. Omdat God Hom aan die wêreld skenk, maak Hy dit deur sy kruisdood vir alle mense moontlik om God se kinders te word. Ons behoort onophoudelik vir Hom dankie te sê.

Wanneer jy met Kersfees presente kry of presente gee vir die mense wat jy liefhet, mag jy nooit ophou om God vir Jesus te dank nie; Hy is die grootste geskenk van alle tye.

Met Kersfees gee ons vir mekaar geskenke omdat ons so bly is oor God se groot Geskenk: sy Seun, Jesus. ~ Anoniem

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.