Gedagte vir die dag: Heerlikheid

Blom_veld_stiltetyd_Juanita-Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Jesus antwoord hom só: “Ek is al vir só ’n lang tyd by julle, Filippus, en jy ken My nog nie? Wie My reeds gesien het, het ook reeds my Vader gesien.” (Johannes 14:9)

Die baba van Betlehem was die Skepper van die heelal, wat sy tent op die nederige kampterrein van ons ou planeetjie opgeslaan het. God se heerlikheid het nou in Christus gewoon. Hy was die Heilige van die heiliges. Mense hoef slegs na Jesus te gekyk het om God, sy permanente manifestasie, te kan sien.

In Hidden Christmas, skryf Timothy Keller: “Wanneer jy die Evangelies lees, sien jy God se volmaaktheid … in al sy asemrowende, ware lewensvorms. Jy kan die heerlikheid van God in die Ou Testament ken, maar in Jesus Christus kom hulle nader.”

Jesus maak die Vader aan ons bekend: “Niemand het God nog ooit gesien nie. Sy enigste Seun wat self ook God en baie na aan die Vader is, het Hom aan ons kom bekendmaak” (Johannes 1:18).

Christus is die vreugde van die Vader. Watter verkwikking moet daardie siel wat Hom tot in ewigheid besit, nie ervaar nie! – John Bunyan

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie genadige Vader dat die Woord by my is day U Gees in my woon…Amen tot in alle ewigheid

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.