Gedagte vir die dag: Hoop beskaam nie

hardloop_sonsopkoms_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Ons roem ook in die verdrukkinge,  omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.  (Romeine 5:3-5)

Het gister se dagstukkie jou hart geroer? Het dit beskryf wat in jou lewe aangaan?  Miskien  probeer  jy  dinge deur jou eie krag doen.  Ek hoop dat jy op daardie roering reageer het en jou oë nou op Jesus vestig. Hy is “die Leids man en Voleinder van die geloof”  (Hebreërs 12:2).

Paulus  spoor ons aan: “Laat ons met volharding die wedloop loop wat voor ons lê”  (Hebreërs 12:1). Ons kan hierdie wedloop hardloop en verduur, omdat ons dit doen met  “die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof” (Hebreërs 12:2). Jy is nie op jou eie in die wedloop nie; nee, jy is omring  deur “’n groot wolk van  getuies”  (Hebreërs  12:1).  Al die manne en vroue van geloof wat jou voorafgegaan het,  moedig jou aan;  Jesus is aan die voor punt, en Hy lei hulle.

Ons hardloop die wedloop van ons lewe en meer as ooit tevore het ons nodig dat die Here Jesus Christus ons help. Die jong man van wie ek jou vertel het, moet daagliks op ander staatmaak vir hulp. Hy verstaan geduld en volharding. In vandag se Skrifgedeelte sê Paulus:  “Ons roem in die verdruk kinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,  en die lydsaamheid  beproefdheid en die beproefdheid hoop” (vers  34).  Wanneer hierdie jong man praat, is dit met hoop, wysheid, genade, sagmoedigheid, liefde en vol harding. Hy  verstaan wat dit beteken om jou te verbly in beproewing.

Die wonderlike ding is dat dit nie ophou by beproewing nie. Die hoop wat ons het, is nie ’n “miskien” hoop of ’n “veranderlike” hoop nie; nee, vers vyf sê vir ons: “En die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.”  Hierdie  hoop  is  sterk, blywend  en  seker.

My Vader, ek dank U vir u getrouheid en u liefde vir my. Ek dank U vir u genade en dat U my nie sonder hoop laat nie. Inteendeel, my hoop is oorvloedig! Ek staan vandag in hierdie hoop. Ek hou vas daaraan, ek verbly my daarin.  Amen.

Bron: In stilwees en vertroue deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Agter die skerms ·

My Vader ek staan vas in U hoop – ek sit in werksituasie wat ek nie wat volgende gaan gebeur nie maar ek staan vas in U hoop en vertrou U dat als gaan uitwerk soos U dit wil laat uitwerk. U maak nooit een deur toe sonder om ‘n ander een oop te maak nie. Dankie My Vader Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.