Gedagte vir die dag: Hy stap saam met jou

(Foto: pixabay)

’n Mens se lewe lê oop voor die Here, elke tree wat jy gee, sien Hy. (Spreuke 5:21)

God ken sy kinders deur en deur. Hulle hele lewe lê oop voor Hom; Hy sien selfs elke tree wat hulle gee.

Omdat God jou liefhet, stap Hy jou lewenspad saam met jou. Hy stap nie net saam nie, maar tel ook jou treë. God ken jou doen en late en weet presies wat jy nodig het. Hy gee jou die krag om elke uitdaging wat oor jou pad kom die hoof te bied.

God stel belang in jou. Hy weet presies waar jy op die oomblik is en wat jy nodig het, en Hy wil dit graag vir jou gee. ~ Anoniem

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.