Gedagte vir die dag:  ’n Illustrasie van God se liefde

Hart_teken_sand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. (Johannes 13:34)

Terwyl Jesus op aarde was, het Hy elke dag God se liefde uitgeleef. Hy was altyd bereid om ander mense te help; Hy het siekes gesond gemaak, lammes laat loop, dowes laat hoor en blindes laat sien. Jesus het regtig omgegee vir ander mense en dit met sy dade bewys.

Soos Jesus hier op aarde ’n lewende illustrasie van God se liefde was, wil Hy hê dat jy ’n lewende voorbeeld van sy liefde sal wees.

Ons moet liefhê sonder bymotiewe of om dit te ruil vir gunste en gawes. ~ Jan du Rand

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat ek deur U Gees wat in my woon…hierop kan se Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.