Gedagte vir die dag:  Jesus kan jou troos

hart_klip_hand_stiltetyd.jpg

(Foto: pixabay)

Hy het aan ons sy liefde bewys, en aan ons deur sy genade ’n blywende troos en goeie hoop gegee. (2 Tessalonisense 2:17)

Paulus skryf aan die gemeente in Tessalonika dat Jesus hulle baie liefhet. As bewys van hierdie liefde, kom troos hy die gemeente met die goeie nuus dat hulle op pad is na ’n wonderlike toekoms.

Wanneer jy hartseer is, kan Jesus jou troos omdat Hy ’n mens was net s

oos jy. Die troos wat Hy jou gee, is ’n blywende troos wat nooit van jou weggevat kan word nie. Jy kan seker weet dat daar ook vir jou ’n wonderlike toekoms in die hemel wag.

Die Here troos ons nie om ons te vertroetel nie, maar om vertroosters van ons te maak. ~ Dr. Jowett

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.