Gedagte vir die dag: Jesus se werk

Herder_skape_veld_stiltetyd.jpg

Foto: carbonchurch.com

Maar Jesus het vir hulle gesê: ‘My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi’. (Johannes 4:34)

Jesus en sy dissipels het op pad na Galilea deur Samaria gereis en by Sigar gekom waar Hy by die put buite die dorp gerus het, terwyl die dissipels gaan kos koop het. Een van die Samaritaanse vroue het kom water haal en Hy het ’n gesprek met haar aangeknoop, haar vrae aangaande Hom geantwoord en aan haar erken dat Hy die Messias is wat hulle verwag het. Sy het haar wa­terkruik net daar laat staan en die dorpsmense gaan roep. Intussen het die dissipels teruggekom en Hom iets te ete aangebied. Maar Hy kon nie eet nie, want Hy het die lot van die mense vir hom aangetrek. ‘Kyk daar,’ het Hy gesê, ‘kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes’ (Joh 4:35).

Die dissipels sou eers later verstaan wat Hy bedoel het. Johannes die doper en die profete het sy koms voorspel, die saad gesaai wat gegroei het en ryp geword het. Die lande was en is gereed vir die oes. Mense het op die boodskap van verlossing gewag en Jesus op arbeiders in sy oeslande.

In Johannes 4 vers 30 staan daar dat baie van die Samaritane tot bekering gekom het op grond van die vrou se getuienis. Hulle was deel van die oes wat Jesus vir sy dissipels beskryf het en die vrou een van die arbeiders. ‘Hier is die gesegde waar: “Die een saai en die ander een maai”’(Joh 4:37).

Die taak om Hom te help met die oes het Hy nie net aan sy dissipels oorgedra nie, maar aan elkeen van ons.

Here Jesus, dankie dat U u werk hier volbring het. U het presies geweet wat dit sou behels en nogtans het U nie teruggedeins nie. Dankie dat U ons so liefhet dat U ons vertrou om die oes wat u agtergelaat het, bymekaar te maak.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sydney ·

Prys Hom wat hemel en aarde gemaak het. Prys Hom vir alles wat ons het. Prys Hom

Ansa ·

Dankie vir insigeewinde boodskap Ons moet ons saak net regmaak met ons Hemelse Vader Hy oes nog steeds siele in vir Sy koningkryk Prys Sy Naam.

ElgeraineR ·

Dis so Groot en Wonderlik, ek het nie woorde nie, U ken my gemoed Here. Al die eer aan U Hemelvader.

Moira ·

By God is alles moontlik en ons sal die wereld vir Hom wen deur te bid bid dat al die oeste vir Hom sal seevier. Hy is goed. Ek weet net dat ek nie sonder Hom kan of wil wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.