Gedagte vir die dag: Jesus was van altyd af daar

Jesus_kleed_stiltetyd.jpg

Foto: freebibleimages.org

Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. (1 Johannes 1:1)

Jesus was nie ’n gewone mens nie, Hy was God self. Hy bestaan van ewigheid af aan. Tog kon gewone mense Hom hoor praat, hulle kon Hom self sien, hulle kon selfs met hulle hande aan Hom raak. Jesus kom maak God vir mense toeganklik omdat niemand Hom ooit tevore kon sien en bly leef nie.

Jesus was van altyd af daar. Hy is die Woord, die Lewe. Hy het na die aarde gekom sodat jy eendag vir altyd by God kan lewe.

Geloof is die rooi draad wat dwarsdeur my lewensborduursel vleg. Dis die rooi knoop wat al die ander drade saambind. ~ Berta Smit

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.