Plaas julle hele lewe in die hand van God, in totale afhanklikheid van Hom. Wanneer die tyd daar is, sal Hy julle ’n ereplek by Hom gee. (1 Petrus 5:6)
As ek soms so deur die tydskrifte blaai en die modelle se perfekte lyfies, vleklose velle en aantreklike voorkoms bewonder, dink ek: “Sjoe, dit moet darem lekker wees om te weet jy lyk soos ’n supermodel.” En dan … lees ek hoe hierdie “perfekte” mense se lewens heel dikwels uitmekaarval omdat hulle ook maar gewone siele met doodnormale behoeftes is wat, soos ek en jy, met alledaagse lewenseise gekonfronteer word. Dis wanneer ek besef dat dit belangrik is om my liggaam op te pas, maar dat ’n supermodel-lyfie beslis nie geluk of die ewige lewe koop nie.
Ons Skepper wil graag sien dat ons ons liggaam en siel met ewe veel toewyding en deernis versorg. Om ’n balans te vind tussen ons uiterlike voorkoms, aardse behoeftes en ons geestelike lewens is ’n uitdaging wat ons as tentbewoners altyd sal hê.
Bid dat die Gees aan jou die wysheid sal gee om jou hele jy met deernis lief te hê.
Dankie, Here, dat ek, sonder om perfek te wees, ’n superkind van U kan wees.
Amen
Dankie so pragtig
Baie dankie, kort maar kragtig!
Dis nie maklik om jou lyf so te kry nie, dit vat harde werk en effort. Jy hoef nié so to lyk nie nee, glad nie, jy hoef ook nié soos n os te lyk nie. Mense is baie vinnig om te sê kyk hoe maer is hulle, as sy skuins draai sien jy niks, om grappe te maak daaroor, maar laat ek nou vir iemand se hoe oorgewig jy is oohhehe. Kan vir my se hoe gross en ongesond rook is, maar laat ek se hoe gross en ongesond oorgewig is, ooohehe one scoop is enough!