Werkers moet respek vir hulle eienaars hê. Hulle moenie dinge steel nie sodat ander kan sien dat hulle in alles eerlik en betroubaar is. (Titus 2:9-10)
Vroue is die kern van enige huisgesin, die spil waarom haar man en kinders se lewens draai en heel dikwels ook die ankers in die werkplek. Vroue voel mense se behoeftes aan en doen iets daaraan. Hulle sorg eenvoudig dat – ongeag hul eie behoeftes – ander se belange eerste aandag kry. Gee jy vir ’n vrou iets om te doen, dan ís dit gedoen … want vroue aanvaar met toewyding verantwoordelikheid vir al hul rolle; hulle is lojaal, eerbaar en betroubaar.
Jesus het al hierdie eienskappe van vroue geken. Juis daarom het Hy in ’n tydvak toe vroue as minderwaardig beskou is, erkenning aan vroue gegee en vir die wêreld gewys waarom hulle geëer moet word. Vandag het Hy steeds eindelose begrip met en deernis vir vroue.
Weet vandag: Hiérdie Jesus sien raak wat jy is! Hy sien die toewyding en passie waarmee jy elke rol leef. En Hy sê vandag vir jou: “Welgedaan, liewe vrou. Ek is trots op jou!”
Dankie dat Ú raaksien wat ek doen, Here!
Dankie vir jou stuk dit nodig