Gedagte vir die dag: Leef spontaan vir die Here

see_rotse_kaap_stiltetyd.jpg

Foto: Suné van Heerden

Mag die God van vrede julle volkome aan Hom toewy. Ja, mag God julle so bewaar dat julle na gees, siel en liggaam volkome vlekkeloos sal wees wanneer ons Here Jesus Christus terugkom. Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen!  (1 Tessalonisense 5:23-24)

Die groot prediker D.L. Moody was ’n nuttige werker in die Here se hand. Een aand voor ’n optrede in die Amerikaanse stad Indianapolis het hy vir die sanger Ira Sankey gevra om iewers op ʼn straathoek te begin sing. Spoedig het ’n skare rondom hom saamgedrom.

Toe het Moody al die mense genooi na die ouditorium waar hy later daardie aand sou praat. Kort voor die aanvang van die volgende samekoms het hy vir die skare wat spontaan hier saam gekom het, gesê: “Now we must close, as the brethren of the convention wish to come and discuss the question: ‘How to reach the masses for God!’”

Bruikbare instrumente vir God neem hulleself nie te ernstig op nie. Tog is hulle doodernstig oor die Here. Hulle is spontane maar doeltreffende geleiers van sy krag. God gebruik hulle effektief in sy diens omdat hulle sonder tierlantyntjies of bymotiewe vir Hom leef. Wees asseblief ook so iemand.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.