’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming. (Spreuke 16:9)
Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys. (Spreuke 3:5-6)
God se leiding is nie soos ’n soeklig, wat ’n groot area verlig nie, maar eerder soos ’n flitslig, wat net genoeg lig gee vir die volgende paar treë. God hét ’n plan vir jou lewe, maar Hy wys dikwels nie vir jou presies wat Hy beplan nie. Hy wil hê jy moet leer om Hom te vertrou met elke tree wat jy op die lewenspad gee.
Op watter gebied vra God jou vandag om sy leiding te vertrou?