Gedagte vir die dag: Lewe voluit            

kinders_hardloop_veld_cannahealth_com.jpg

Foto: cannahealth.com

Help my om te doen wat U wil hê, Here. Ek sal doen wat U van my vra. Maak my gehoorsaam sodat ek u Naam kan eer en U dien. (Psalm 86:11)

Ons hele lewe kan in ’n oogwink verander. Daarom is dit so belangrik dat ons as vroue élke dag voluit vróú sal wees. Wat doen ’n vrou wat só leef? vra jy dalk. Wel, ek dink dit hang van elke vrou af hoe sy wíl leef en wat háár spesifieke menswees laat borrel. Tog is daar ’n paar universele vrouweesdinge wat ons ánders laat voel. Soos om tyd te maak om diep te dink, lief te hê, vriendelik te wees, gereeld te lag, blymoedig te gee, opreg te bid, hard te werk en God se wil te leef.

Die jare van ons lewens is van minder belang as die kwaliteit waarmee ons leef. Kom ons as vroue raak aan ander met die sagtheid van ons hande, kyk na hulle met deernis-oë en bemoedig mense met die wysheid van ons tong.

Kom ons plant gereeld vreugdebome in ons eie harte sodat ander die vrugte daarvan kan geniet.

Lam van God, ek wil elke dag leef asof dit my laaste is. Sal U my help?

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Denise ·

Ek het beslis vreugde bome nodig in my lewe op die oomblik is dit vir my n stryd om deur elke dag te gaan so het ons elkeen ons pyn !!!!!

Johan Gerber ·

Goeie dag
Sal dit dalk moontlik wees om vir ons mans ook op n daaglike basis n blye boodskap te gee. Ons waardeer dit dat vroue baie belangrik in al ons lewens is e n verstaan dat hulle n behoefte het aan die boodskap maar wil ook graag voel dat die gegewe boodskap ook op ons van toepasing is.
Dankie.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Johan Gerber,

Dankie vir jou kommentaar. Ek stuur jou voorstel graag deur aan die redaksie.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.