Gedagte vir die dag: Lig van die wêreld

 sonsopkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Jesus het vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die mensdom. Wie My aanhou volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” (Johannes 8:12)

Die mense met wie Jesus gepraat het, het sonder straatligte gelewe. As hulle nie ’n lamp gehad het nie, het hulle in die donker rondgetas, maklike teikens vir aanvallers. Hulle het verstaan wat dit beteken om in die donkerte te loop terwyl jy ’n lig broodnodig het.

Jesus het nie gesê “Ek sal julle in die rigting van die lig draai” of “Ek sal vir julle lig gee” nie. Hy het gesê: “Ek is die lig.” Die enigste Lig.

Die lig van Christus wat deur ander skyn, kan vir ons groot vreugde bring. Jesus het die volgende van Johannes die Doper gesê: “Hý was die lamp wat gebrand en helder geskyn het” (Johannes 5:35).

In ’n donker wêreld juig ons harte wanneer ons lig sien. Lig word dikwels versinnebeeld in ’n volgeling van Jesus, in wie ons ’n sekondêre weerspieëling sien van Jesus, die belangrikste Lig van die wêreld.

Christus is die Môrester wat, wanneer die nag van die wêreld verby is, die ewige lig van die lewe aan die heiliges belowe en openbaar. – Sint Bede

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.