Luister:  Griekwagebed  –  Die goeie geslag

 karoo_vlakte_2stiltetyd.jpeg

Foto: A. Brits

Die goeie geslag

Psalm 14

Die dwaastelike hart die sê:
da’s eentlik nie ’n Jirre nie!
Solike gelowe smaak my sê:
dasie iemand wat goed issie.

Nou sittie Jirre ytie jimmel yt
virrie aarde hie oener en kyk
om te te sien of is da iemand
vestandig wat narie Jirre vra?

Marie hele mense het geloop geontaard,
en hille sit saam-saam virrie vloer en kyk,
en da’s niemand met goed in hille se harte –
nie eers een enkelte een oener hille nie.

Dies wat virrie slegtigheid werk,
is hille dan nou so ongeleerd,
hierielikes wat onse volk sit kou
asof hille innie son sit brood eet?

Hille roepie die Jirre anie,
ma toe’tie skrik hille gebespring
en hille geloop geoorweldig!
Die Jirre staan byrie goeie geslag.

Lag ma lekker virrie vedriktes,
die Jirre is hoeka hille se skylte,
en as Hy die jik vannie volk aflig,
jyg Dam en onse voete vatte riel!

karos-orie-dyne.jpgVoorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Amen…die Griekwa bewoording is so kosbaar…en praat so raak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.