Luister:  Griekwagebed  –  Die jammerhartige skeerder

Karoo_windpomp_skape_dam_ABrits.jpegDie jammerhartige skeerder

Lukas 10:30–35

En eendag was da ’n man gewas
wat van hie af af Kaap toe ry,
toe’t kaperse hom geoorval
en hom geveniel en halfkaal
langsie pad vir dood gelat bly.

Toe kom da ’n sendeling veby
en hy sien nou dié man da lê,
ma hy’t net so wee aangery.
Toe kom da ’n ouderling aan,
hy kyk annerpat en lattie man lê.

Toesit nou ’n skeerder oppe baaisiekil
en dié kom hou byrie flenter kjêrel stil,
want hy’t hom bitterlik jammer gekry.
Hy’tie seerplekke met Dettol gesmeer
en hom toe self oppie kêriër gesit,
en mettie siek man kliniek toe gery.

Allie kostes, hettie skeerder gesweer,
petaal ek, want ek kom wee hie veby.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Die barmhartige samritaan in n ander vorm…praat nog steeds met my hart…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.