Luister:  Griekwagebed – Die Jirre het gekom

drie-wyse-manne

Argieffoto (Foto: Kevin Phillips/Publicdomainpictures.net)

Die Jirre het gekom

Die Jirre het op onse korreltjie sand
tissen dysende sterre hie gekom land,
en nou loop ons narie liefde toe
anie Jimmelkjind se sagte hand.

God se enagste Kjind
het ons in liefde gebind.
Sos kjinnerse ytie selle hys
hoortie liefde tissen ons tys.

God het Hom Seun gestier
lat onsie waarheid kan sien:
Hy’s waarheid en Hy’s lewe, Hy’sie pat
wat ons narie jimmel toe vat.

Dié nag hettie ingele orie lig gejyg,
wantie dysternis het voor Hom gebyg.
Ma draai jy jou se rig op hierie lig,
dan sal nettie skaduwee vi jou getyg.

God het vannag Hom Seun gestier
solattie hele mense liefde kan vier.
Wie sal dan Hom wil kan breek of knak?
Nee, Hy se wil die bly ewiglik hie.

Ennie Krismiskjind wil hê
lat ons reg sos Hy moet lê,
want dié annerlike, wonnerlike nag
het vannie liefde gekom sê.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Karos orie dyne geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.