Luister:  Griekwagebed  –  Die Jirre se krag

Stiltetyd-1.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Die Jirre se krag

Psalm 21

Jirre, kyk, die kaptein jyg
oor U se krag en U se hulp,
want U weet wat hy wens
en U hoor nog voor hy vra.
U’t hom kaptein gemaak:
Hy vetrou en U hou hom vas.

Met hy se vyande issit veby
as U hille innie hanne kry,
hille brand sos hout inne vier
en van hille en hille se kjinnerse
gat da net ’n hopie heilage as bly.

Kom sing nou psalms saam
orie krag vannie Jirre se Naam.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.